ATKV/SA Akademie-Prys

In die lig van die afname in die produksie van geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans het die ATKV besluit om vir ’n tydperk van vyf jaar ’n bedrag aan die SA Akademie beskikbaar te stel vir die bekroning van wetenskaplike artikels in Afrikaans wat in geakkrediteerde tydskrifte (papierformaat of elektronies) verskyn het: R40 000 (R10 000 per artikel) vir die geesteswetenskappe en R20 000 (R10 000 per artikel) vir die natuurwetenskappe. Laasgenoemde sluit die ingenieurswese en die mediese wetenskappe in.

Sedert die instelling daarvan is die prys toegeken aan die volgende outeurs vir artikels wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe gepubliseer is:

Prof Bert Olivier van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit vir sy artikel, “Die kompleksiteit van identiteit in demokrasie” wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 46(4), Desember 2006 verskyn het.

Prof CS (Fanie) de Beer van die Universiteit van Pretoria vir sy artikel, “Filosofiese besinning oor geweld: uitdagings aan die informatiseringstrategieë”, wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 47(4), Desember 2007 verskyn het.

Prof Hein Viljoen van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom vir sy artikel, “Kreolisering van die simbolisme in die poësie van T T Cloete” wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 49(4), Desember 2009 verskyn het.

Prof Fanie de Beer van die Universiteit van Pretoria vir sy artikel, “Die polemologie vir die gees” wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 52(1), Maart 2012 verskyn het.

Prof. Helize van Vuuren, Departement Tale en Letterkunde, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Port Elizabeth vir haar artikel, “Passacaglia van J S Bach en Das Passagen-Werk van Walter Benjamin – literêre montage as mosaïekwerk in Memorandum – ’n Verhaal met skilderye (2006) wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(3), September 2014 verskyn het.

Prof Nerina Bosman, Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria vir haar artikel, “EET en DRINK in Afrikaans – ’n leksikaal-semantiese ondersoek”, wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55(1), Maart 2015 verskyn het.

Kyk Argiewe vir nader besonderhede oor die bogenoemde artikels.