Welkom! Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe is geakkrediteer en word gewy aan die publikasie van oorspronklike navorsings- en oorsigartikels in die taalkundige, letterkundige, kuns en kulturele, sosiale, ekonomiese, godsdiens- en opvoedkundige wetenskappe, sowel as aan boekbesprekings, taalrubrieke en gedigte.
Nuusflitse
01/02/2026: SPESIALE UITGAWE
Die transformasie van menswees (in die onderwys en in gemeenskappe) deur kunsmatige intelligensie
Redakteurs:
Prof. Nerina Bosman (Hoofredakteur)
Prof. Tobie van Dyk (Gasredakteur)
Prof. Anné Verhoef (Gasredakteur)
Keerdatums:
Inlewering van artikels: 31 Mei 2026
Terugvoer: 30 Junie 2026
Finale inlewering met ’n wysigingsregister: 31 Julie 2026
Publikasie: Desember 2026
Die redaksie van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe nooi belangstellendes uit om by te dra tot ’n spesiale uitgawe wat fokus op die transformerende rol van kunsmatige intelligensie (KI) op menswees, met ’n sterk klem op navorsing wat wesenlike en onverrekende gapings in die veld ter bespreking stel.
KI ontwikkel teen ’n merkwaardige tempo en herskep hoe mense leer, werk, kennis produseer en innoveer; tog bly die akademiese landskap wetenskaplik oningelig oor hoe KI ons menswees kan en gaan verander. Daar is ’n behoefte aan empiriese, konseptuele en toegepaste navorsing wat ons begrip in hierdie verband verbreed en waarop ons in hierdie spesiale uitgawe wil fokus. Die fokus is dus nié op artikels wat uitbrei op etiese kwessies of akademiese integriteit/plagiaat nie. Die bestaande literatuur dek hierdie temas reeds voldoende.
Voorgestelde subtemas sluit in:
- Fundamentele uitdagings vir ons menswees as gevolg van KI
- Die transformerende uitdaging van KI op gemeenskappe
- Implementeringstudies oor KI: skaalbaarheid, volhoubaarheid en aanvaarding
- KI vir leeranalise, diagnostiese terugvoer en persoonlike leer
- Inklusiewe, meertalige leeromgewings en die invloed van KI
- Die transformerende rol van KI in taalontwikkeling, kommunikasie en vertaling
- Bevoegdheid en geletterdheid (ingesluit kritiese denke, onderskeidingsvermoë en skryfvaardighede) in ’n KI-era
- Pedagogiese modelle vir mens-KI-samewerking
- KI-ondersteunde assessering en uitkomsgebaseerde evaluering – proses of produk
- Professionele ontwikkeling van dosente en onderwysers in KI-ryke omgewings
Ons verwelkom veral bydraes wat een of meer van die volgende navorsingsgapings wil vul:
- Die gaping van bewyslewering: Onvoldoende empiriese data, beperkte steekproewe of ’n tekort aan longitudinale of gemengdemetodenavorsing
- Die gaping in kennis: Onverrekende aspekte, soos nuwe tegnologieë, gebruik van KI in diverse gemeenskappe of toepassing van KI in verskillende omgewings
- Die gaping in teorie: Nuwe konseptuele modelle of teoretiese lense word benodig om die bevordering van KI verder te beskryf, ingesluit bestaande teorieë wat nie nuwe bewyse verreken nie
- Die gaping van toepaslikheid: Die jukstaposisie tussen teoretiese spekulasie en implementering, waar instrumente en modelle nie noodwendig in werklike opvoedkundige of werksomgewings getoets is, of noodwendig werk, nie
- Die gaping van teenstrydighede: Kontrasterende bevindinge wat vergelyking, replikasie, kritiese heroorweging of meta-analise vereis om die impak van KI te ondersoek
Ons verwelkom die volgende tipes bydraes:
- Oorspronklike empiriese navorsing
- Gevallestudies in werklike toepassingskontekste
- Inter- of transdissiplinêre studies
- Sistematiese of bestek-/reikwydte literatuurondersoeke
- Teoretiese of konseptuele artikels wat nuwe modelle voorstel
- Evaluering van projekte, KI-gebaseerde intervensies of toepassings
Kontakbesonderhede:
Vir navrae rakende hierdie spesiale uitgawe, kontak asseblief vir mev. Robyn Marais by editor@ojs.sabinet.co.za.
Sy sal u vrae kan beantwoord en/of u navraag na een van die redakteurs verwys.
Stuur gerus ook hierdie uitnodiging aan ander moontlike belangstellende skrywers.
Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe publiseer artikels in Afrikaans en Nederlands.
06/11/2017: Aankondiging: Huldigingsbundel oor Adam Small
Prof. Jacques van der Elst berig soos volg:
Adam Small: Denker Digter Dramaturg
Die SA Akademie se eerste in die reeks huldigingsbundels vir Hertzogpryswenners het einde November 2017 verskyn en is onder meer op 16 Desember jl op Versoeningsdag tydens die onthulling van ’n borsbeeld van Adam Small by die Kunstekaapsentrum in Kaapstad bekend gestel.
Lees meer hier.
09/11/2017: SciELO SA: Top 10 Titels
Die TGW tel onder die 10 mees gelese/gebruikte titels in die SciELO-versameling.
Lees meer hier.
Uitgawes
Klik hier vir ons vorige uitgawes:
Jaargang 65:
Nommer 1: Maart 2025
Nommer 2: Junie 2025
Nommer 3: September 2025
Nommer 4: Desember 2025
Jaargang 64:
Nommer 1: Maart 2024
Nommer 2: Junie 2024
Nommer 3: September 2024
Nommer 4: Desember 2024
Jaargang 63:
Nommer 1: Maart 2023
Nommer 2: Junie 2023
Nommer 3: September 2023
Nommer 4: Desember 2023
Jaargang 62:
Nommer 1: Maart 2022
Nommer 2: Junie 2022
Nommer 3: September 2022
Nommer 4 : Desember 2022
Jaargang 61:
Nommer 1: Maart 2021
Nommer 2: Junie 2021
Nommer 3: September 2021
Nommer 4.1: Desember 2021
Nommer 4.2: Desember 2021
Jaargang 60:
Nommer 1: Maart 2020
Nommer 2: Junie 2020
Nommer 3: September 2020
Nommer 4.1: Desember 2020
Nommer 4.2: Desember 2020
Jaargang 59:
Nommer 1: Maart 2019
Nommer 2: Junie 2019
Nommer 3: September 2019
Nommer 4: Desember 2019
Jaargang 58:
Nommer 1: Maart 2018
Nommer 2: Junie 2018
Nommer 3: September 2018
Nommer 4.1: Desember 2018
Nommer 4.2: Desember 2018
Jaargang 57:
Nommer 1: Maart 2017
Nommer 2.1: Junie 2017
Nommer 2.2: Junie 2017
Nommer 3: September 2017
Nommer 4: Desember 2017
Jaargang 56:
Nommer 1: Maart 2016
Nommer 2.1: Junie 2016
Nommer 2.2: Junie 2016
Nommer 3: September 2016
Nommer 4.1: Desember 2016
Nommer 4.2: Desember 2016

