Esther Greeffprys

Vanaf 2014 word die Esther Greeffprys, met ’n waarde van R10 000, jaarliks toegeken vir die beste artikel wat gedurende die voorafgaande jaar (of jare) in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe gepubliseer is. Die tydperk vir oorweging van artikels is dieselfde as dié vir oorweging van die jaarlikse ATKV-toekenning vir artikels in Afrikaans in die geesteswetenskappe. ’n Redaksiekomitee van die Tydskrif vir Geesteswetenkappe identifiseer jaarliks die beste artikels wat in ’n gegewe tydperk in die tydskrif gepubliseer is. Die artikel wat na die oordeel van die redaksiekomitee eerste geplaas word vir oorweging van die ATKV/SA Akademie-prys word terselfdertyd aangewys as die artikel wat in aanmerking kom vir die Esther Greeffprys in die ooreenstemmende tydperk. Die redaksiekomitee se aanbeveling word aan die Akademieraad voorgelê vir die finale beslissing.

Sedert die instelling van die prys in 2014 is dit soos volg toegeken:

Goosen, Danie. 2011. “Die teoretiese lewe. Perspektiewe vanuit die tradisie” in Tydskrif vir Geesteswetenskappe, vol. 51(4), Desember 2011.

De Beer, Fanie. 2012. Polemologie vir die gees. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 52(1): Maart 2012.

Van Vuuren, Helize. 2014. Passacaglia van J S Bach en Das Passagen-Werk van Walter Benjamin – literêre montage as mosaïekwerk in Memorandum – ’n Verhaal met skilderye (2006). Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(3):(September 2014).

Bosman, Nerina. 2015. EET en DRINK in Afrikaans – ’n leksikaal-semantiese ondersoek. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55(1): (Maart 2015).

Kyk Argiewe vir nader besonderhede oor die bogenoemde artikels.