Huldigingsbundel oor Adam Small

Prof. Jacques van der Elst berig soos volg:

Adam Small: Denker Digter Dramaturg
Die SA Akademie se eerste in die reeks huldigingsbundels vir Hertzogpryswenners het einde November 2017 verskyn en is onder meer op 16 Desember jl op Versoeningsdag tydens die onthulling van ’n borsbeeld van Adam Small by die Kunstekaapsentrum in Kaapstad bekend gestel. Die boek word uitgegee deur Protea Boekhuis en bevat ’n reeks artikels oor die lewe en werk van Small, geskryf deur Suid-Afrikaanse akademici met ’n vertaling van Small-gedigte in Nederlands deur Willy Martin. Hein Willemse verskaf ’n indringende analise oor die sleutelgedig “Vryheid”, terwyl Steward van Wyk oor Small se identiteitskonstrukte skryf. Benewens ’n biografiese skets van Erika Terblanche en ’n “persoonlike geskiedenis” van Braam de Vries is daar bydraes oor “Kanna hy kô hystoe” en “Krismis van Map Jacobs”. Jacques van der Elst skryf oor die drama rondom die Hertzogprystoekenning aan Small. Ander persone wat bygedra het, is Bernard Odendaal (NWU), Marisa Keuris (UNISA), Jacomien van Niekerk (UP), Michael le Cordeur (US) en Bettina Wyngaard. Antoinette Lombard (UP) en Rinie Schenck (UWK) verskaf ’n oorsig oor die rol van Small in die vakgebied Maatskaplike Werk.

Verskeie letterkundiges het reeds gereageer op die vorige oproep in die TGW (September 2017) om voorstelle vir temas vir bogenoemde huldigingsbundels in die boekeprojek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in te dien.

Lees meer hier.

One Reply to “Huldigingsbundel oor Adam Small”

Leave a Reply